Welkom By Laerskool Môrewag

Môrewag is ‘n skool waarop die betrokke ouergemeenskap , ja, ook die hele dorp baie trots kan wees.
Met sy pragtige voorkoms , groot speelgronde en vriendelike en bekwame onderwysers word ‘n aangename
atmosfeer geskep wat ‘n leerlus behoort te wek by elke kind in  wat sy skoolloopbaan hier begin.
Ons glo dat na mate die  jare vorder , nog groot leiers op talle gebiede hieruit gaan voortkom. 
 

Algemeen

Die simbool van die opkomende son simboliseer die ontluiking van die jeug . Kennis en opvoeding gebaseer op die Almag van die Drie enige God. Gestand hiermee ondersteun ons leuse: Ons bou, die visie en missie van die skool.

Lees Meer...
 

Morrie Kieliepense


Ons is die Morrie- Kieliepense van Laerskool Môrewag. Ons is vrolike kinders, ons hou van speel en lag.

Ons leer hier om slim te wees, teken, skryf en prentjies inkleur, legkaart bou en speletjies speel, en ons kan ook dans en sing.

Lees Meer...

Aktiwiteite


Ons aktiwiteite bestaan uit n variasie van Sport, Kultuur en Akademie.

Lees Meer...