Laerskool Morewag

Die simbool van die opkomende son simboliseer die ontluiking van die jeug. Kennis en opvoeding gebaseer op die Almag van die Drie-enige God.Gestand hiermee ondersteun ons leuse: Ons bou, die visie en missie van die skool.

Morewag is ‘n uistekende skool waar kinders gelukkig binne ‘n veilige omgewing, deur opvoeders wat opreg omgee, vir elke Morewagter hom - /haarself kan uitleef en tot volle potensiaal kan ontwikkel.

Akademie

Akademiese aanbiedinge sal gebaseer word op die nuutste CAPS kurrikulum en ondersteun word met elektroniese aanbiedingstegnieke, binne begroting van die skool. Handboeke aan leerders met die opsie van tablette oor Wi-Fi aan die wat dit kan bekostig.

Sport En Kultuur

Met Sport EN Kultuur sal Laerskool Morewag fokus op die gebalanseerde aanbieding van geleenthede om totale ontwikkeling van alle leerders gebaseer op positiewe waardes en norme.Wen sal steeds die doelwit van Laerskool Morewag bly, maar nie ten koste van basiese beginsels nie.

Die prys van sukses van die begeleiding van kinders na volle wasdom word nie slegs bepaal deur die wen van trofees nie, maar eerder die skep van `n positiewe waardesisteem en die geleentheid om binne `n gebalanseerde gestruktureerde onderrig en opvoedingsklimaat te kan funksioneer.