Welkom By Morrie – Kieliepense

Ons is Morrie-Kieliepense van Laerskool Morewag.
Ons is vrolike kinders, ons hou van speel en lag.

Ons leer hier om slim te wees, teken, skryf en prentjies inkleur,
Legkaart bou en speletjies speel, en ons kan ook dans en sing.

Ons is die Morrie – Kieliepense van Laerskool Morewag.

Gr RR en R Beleid

• Vanaf 6:30 in die oggende sal die hekke oop wees.
• Juffrouens sal 7:00 aan diens wees.
• Kleuters kan afgehaal word om 13:15.
• Geen kleuters mag die skoolterrein in skooltyd verlaat sonder ‘n brief van die ouer nie.
• Die kleuters mag nie vir ouers/bussies buite hekke wag nie.
• Indien die kleuter kopluise het, moet hy/sy by die huis bly totdat luise en neute uit die hare verwyder is.
• Kleuters met aansteeklike siektes moet asb by die huis bly totdat die kleuter gesond is.
• Elke kleuter moet ‘n gesonde kospakkie elke dag skool toe bring.
• Kleuters mag net op VRYDAE snoepie toe gaan. • Snoepie is ‘n voorreg, nie ‘n reg nie. GEEN speelgoed word toegelaat by die skool nie.
• Alle gelde moet in ‘n koevert/sakkie wees met die kleuter se naam op en waarvoor dit is.
• Lang hare moet vasgemaak wees elke dag.
• Grimering en naellak word nie toegelaat nie.
• Kleuters moet maats respekteer deur nie te vloek, baklei of hulle besittings te verniel nie.
• Sand en klippe mag nie gegooi word nie.
• As ek die reels nakom, sale ek ‘n gelukkige, geborge en gedissiplineerde kleuter wees.

Dissipline kaarte word in elke kleuter se brieweboek geplak, as u kleuter sou oortreesal dit daarop aangedui word, na die 3de oortreding word die kleuter se snoepie weggeneem vir daardie betrokke Vrydag.

As gedrag sou voortduur sal u as ouer skriftelik in kennis gestel word.

Buitemuurse Aktiwiteite

Sporty Girlz

Rugga Rugby

Playball

Drama

Dansklasse

Monkeynastix

Karate

• Daar is ‘n fooi aan elke aktiwiteit verbonde.

• Neem kennis dat hierdie opsioneel is, nie verpligtend.

• Aktiwiteite vind in skooltyd plaas.

Gekwalifiseerde opvoeders bied u kind

• Leer speel-speel

• A+ kwaliteit onderrig

• Elkeen is ‘n wenner

• Rustige atmosfeer

• Kinderontwikkelings Akademie

• Opvoedkundige instappies

• Lewenslustige leerders

• Ouerbetrokkenheid

• Raakvat personeel

• Assessering en terugvoering

• Gunstige leerder / onderwyserverhouding