WELKOM BY LAERSKOOL MOREWAG

Morewag is ‘n skool waarop die betrokke ouergemeenskap, ja ook die hele dorp baie trots kan wees.
Met sy pragtige voorkoms, groot speelgronde, vriendelike en bekwame onderwysers word ‘n aangename
atmosfeer geskep wat ‘n leerlus wek by elke kind wat sy skoolloopbaan hier begin.
Ons glo dat na mate die jare vorder, nog groot leiers op talle gebiede hieruit voortspruit.

As Skoolhoof en Opvoedkundiges sal die hoogste vorm van respek om die regte van kinders gebou word: Kinders behoort elke dag te lag en met trots gevul, gelukkig hul skooldag te geniet as gevolg van die leiding deur deeglik voorbereide opvoederkorps wat in `n veilige ruimte wil werk.
Ons hoogste waardering vir hulle wat ons vooraf gegaan het, en die offers gebring het. Teenoor hulle wil ons altyd erkentlik wees.

Die fondamente wat hier gele is, is stewig en sterk gele vir die pad vorentoe. Ons as huidige personeel wil voortbou op die erfenis wat aan ons nagelaat is.

MORRIE KIELIEPENSE

AKADEMIE

Akademiese aanbieding sal gebaseer word op die nuutste NKAV Kurrikulum en ondersteun word met Elektroniese Aanbiedingstegnieke , binne begroting van die skool – Handboeke aan leerders met die opsie van Tablette oor WiFi aan die wat dit kan bekostig

[IMG-13-LINK]